Lapa Meisies Kan Enige... R 70.00
Meisies is orals. Net waar jy kyk,is meisies wat almal verskillend lyk.Hulle verstom en verras ons.Hulle maak ’n verskil.En meisies kan enige ietsdoen wat hul wil!Meisies kan lang hare óf kort hare hê. Hulle kan aan enige soort sport deelneem. Hulle kan wiskunde en wetenskap doen, of hou van musiek en verf. Hulle kan lorries bestuur, by die polisie of die brandweer werk, slim dinge ontdek, en selfs die ruimte verken!So, kom ons roep saam,net so hard as ons wil:“Ek’s ’n MEISIE!Ek’s FANTASTIES!Ek maak ’n verskil!”Hierdie prettige, rymende prenteboek is die ideale manier om ’n spesiale meisie in jou lewe van kleins af te leer dat sy enige iets kan doen en die wêreld kan verander!
-50% sale
Lapa Leeu Wat Drukkies... R 60.00 R 120.00
Wonderlike ware dierestories vir beginnerleespret.
Lapa Knip Verf Plak: 5... R 110.00
Hierdie pragtig ontwerpte handwerkboek wys jong kunstenaars hoe om vingerafdrukke, voetafdrukke en alledaagse dinge te gebruik om inspirerende, goedkoop en ekovriendelike kuns te maak! ’n Versameling eenvoudige maar uitdagende, goedkoop handwerkprojekte wat ideaal is vir ouers met min tyd en skole met ’n beperkte begroting, en wat hergebruik en herwinning bevorder. Die boek is pragtig geïllustreer met stap vir stap instruksies en fassinerende kunswerke. Elke aktiwiteit is eenvoudig en kan maklik toegepas word, en daarom gee dit jou jong kunstenaar se selfbeeld ook sommer ’n hupstoot! Knip Verf Plak wys jou hoe om botteldoppie-ballonne, ’n stokkie-seerower, diereboekmerke, borrelplastiek-dinosourusse en veel, veel meer te maak. Tegnieke sluit in drukwerk, stempelwerk en eenvoudige collages – wat op slim maniere gebruik word vir fantastiese resultate! Dit is pret om mooi goed van weggooigoed te maak, so kom ons spring weg en maak kuns!
-59% sale
Lapa Petra Pienk R 50.00 R 120.00
Die Ek lees self-reeks bestaan uit ses pragtig geillustreerde boeke, elkeen met 'n prettige dierestorie wat in eenvoudige taal oorvertel word sodat beginner-lesers dit maklik kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.Die Ek lees self-reeks bestaan uit ses pragtig geillustreerde boeke, elkeen met 'n prettige dierestorie wat in eenvoudige taal oorvertel word sodat beginner-lesers dit maklik kan baasraak. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.
-50% sale
Lapa Die Leeutemmer se... R 60.00 R 120.00
Martjie beland saam met ’n leeu in een van die Pagel-sirkus se treintrokke – en nadat sy die mense van die sirkus leer ken, weet sy dat haar lewe nooit weer dieselfde sal wees nie. Hierdie aangrypende, aksiebelaaide verhaal is losweg op die geskiedenis van die beroemde Pagel-sirkus geskoei.
Lapa Hoezit 1: Soogdiere R 120.00
Hoeveel weeg ’n olifant?Watter soogdier het ’n snawel?Hoe vinnig kan ’n jagluiperd hardloop?Wat is die gevaarlikste soogdiere op aarde?Watter soogdiere het in die oertyd geleef?Jy sal al die antwoorde in hierdie fantastiese feiteboek kry! 
-37% sale
Lapa Helde van Suid Af... R 95.00 R 150.00
Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek die ongelooflike verhaal van oudpresident Nelson Mandela wat ná 27 jaar in die tronk ons reënboognasie na vryheid gelei het; lees hoe Wolraad Woltemade en sy perd tydens ’n storm die see ingeswem het om die matrose van ’n sinkende skip te red; en ontmoet ’n dapper jong seun wat in die Anglo-Boereoorlog geweier het om sy mense te verraai. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:1. ’n Perd van ’n ander kleur2. Die matriekheld van Henley-on-Klip3. Nelson Mandela, ’n leier so na ons hart4. Nkosi Johnson veg vir hoop5. Wolraad Woltemade, ’n melkboer met durf6. Japie Greyling swygDie stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
-35% sale
Lapa Helde van Suid Af... R 95.00 R 145.00
Ontmoet van ons land se dapperste helde! Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Ontdek hoe emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ons reënboognasie geïnspireer het, vind meer uit oor die dapper helde van die Laingsburg-vloed, maak kennis met Wollie, ’n klein brakkie met ’n groot hart, en lees die ongelooflike lewensverhaal van Enoch Sontonga, wie se hartslied vandag nog in ons land se volkslied voortleef. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale: 1. ’n Klein brakkie met ’n groot hart Wollie was ’n hawelose Maltese poedeltjie met ’n groot hart – en hy het dit reggekry om ’n man se lewe te red. 2. ’n Reënboog vir Laingsburg In 1981 het vreeslike vloedwaters Laingsburg getref, en die heldedade van daardie dag leef vandag nog voort. 3. Desmond Tutu Desmond Tutu was ’n arm klein seuntjie wat later een van die grootste leiers in ons land se geskiedenis geword het. 4. Kaalvoet deur ’n oorlog Ontmoet ’n dapper seuntjie wat al die pad van die Vrystaat na die Kaap gestap het om sy ouers tydens die Anglo-Boereoorlog op te spoor. 5. Enoch Sontonga, ’n man met ’n lied in sy hart Die inspirerende lewensverhaal van die man wat “Nkosi sikelel’ iAfrika” geskryf het. 6. Die lang pad van Emilie Lehn Ontdek die verstommende verhaal van Emilie Lehn, wat as ’n slavin in Kaapstad gebore is. Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
-35% sale
Lapa Helde van Suid Af... R 95.00 R 145.00
Ware heldeverhale – perfek vir beginnerlesers.Ontmoet ’n paar van die dapperste Suid-Afrikaanse helde! Leer ken ’n dapper mynwerker wat kaalvuis teen tonne rots baklei het om sy kollegas te red; lees die storie van Klara Majola wat een nag in die Koue Bokkeveld na haar blinde pa gaan soek het; en ontdek die ongelooflike verhaal van Hector Pieterson wat die wêreld se oë oopgemaak het vir die gruwels van apartheid. Hierdie boek bevat ses verstommende ware heldeverhale:1. Sultan, die koning van sy baas se hartSultan is ’n dapper hond wat sy baas gered het toe hy op ’n dag deur ’n elektriese kabel geskok is.2. Die bushelde van WestdeneIn 1985 beland ’n skoolbus in ’n rivier – en terwyl die bus in die water wegsink, word ’n paar skoolkinders helde.3. Hector Pieterson maak die wêreld se oë oop’n Onskuldige skoolseun se dood het wêreldnuus geword – en gehelp om ’n einde aan die gruwels van apartheid te maak.4. Duisend kilometer deur die wildernisOntmoet die dapper John Ross wat selfs koning Sjaka se respek gewen het nadat hy meer as 1 000 kilometer deur die wildernis gereis het om hulp vir sy mense te ontbied.5. Kaalvuis teen tonne rotsNá ’n rotsstorting in die City Deep-myn het Richard Simelane besluit om nie moed op te gee nie – hy het die rots met sy kaal hande begin weggrawe.6. Klara Majola, kind van die kapok Een stormnag het ’n dogtertjie genaamd Klara Majola die ysige koue van die Koue Bokkeveld getrotseer om haar blinde pa te gaan soek. Die stories word op ’n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
-59% sale
Lapa Sizwe Spring R 50.00 R 120.00
Sizwe spring is geskryf en geïllustreer deur Gaia Cornwall en word uitgegee deur Lapa Uitgewers. Hierdie sagteband lekkerleesboek van 32 bladsye vertel die storie van ’n dapper seuntjie wat baie graag vir die eerste keer van die duikplank af wil spring. Sizwe het swemlesse gehad en hy het ook sy swemtoets geslaag.
-38% sale
Lapa Hoezit 8: Roofdiere R 75.00 R 120.00
Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van roofdiere te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van roofdiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontmoet ’n paar vreeslose jagters in die insekwêreld, kyk hoe ’n verkleurmannetjie sy prooi bekruip, en vind uit hoe dinge in ’n leeutrop werk.
-50% sale
Lapa Groen Vingers R 60.00 R 120.00
Sasha is mal daaroor om eksperimente te doen. Haar oupa was immers ’n wêreldbekende wetenskaplike. Soms loop Sasha se eksperimente nou wel ietwat skeef – maar dis deel van die pret! Toe sy op ’n dag ’n paar vreemde pitte in haar oupa se ou trommel ontdek, besluit sy om dit te plant. Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie ... maar dan maak ’n monsterplant sy verskyning in die natuurwetenskapklas! Dit lyk selfs of die plant van plan is om vir juffrou Jansen op te eet ... tensy Sasha blitsvinnig ’n plan kan beraam!
-48% sale
Lapa Prettige koekies R 65.00 R 125.00
Indien jy ’n kinderpartytjie beplan en min tyd het of nie regtig kan koek bak nie, is die boek vir jou! Prettige koekies se reeks indrukwekkende kinderkoeke sal ma- en kinderharte verbly want dis nie net mooi nie, maar word uit winkelkoekies geskep. Dis reg! Al die pragskeppings word gebou met welbekende koekies wat in elke supermark of kafee beskikbaar is. Die projekte konsentreer op winkelkoekies wat op ’n drie-dimensionele manier gekombineer word met plastiekversiersel. Dit beteken dat mense sonder oondgeriewe nog steeds pragtige koeke kan optower. Elke projek bestaan uit gedetailleerde stappe wat deur fotomateriaal gerugsteun word. Prettige koekies is ’n kleurfees vir die oog en jou hande sal jeuk om jou kombuis in te vaar en te skep!
-30% sale
Pan Macmillan Anna Hibiscus - 8... R 350.00 R 495.00
World of Anna Hibiscus 8 Books Collection Box Set by Atinuke:Anna Hibiscus:Anna Hibiscus lives in amazing Africa with her mother, her father, her baby twin brothers, and lots and lots of her family. Join her as she splashes in the sea, prepares for a party, sells oranges, and hopes to see sweet, sweet snow!Hooray for Anna Hibiscus!:Anna Hibiscus lives in amazing Africa with her family in a wonderful house in a beautiful garden in a big city. Join Anna as she sings for the president, gets in a terrible tangle with her hair and visits the other side of the city.Go Well, Anna Hibiscus:Anna Hibiscus and her family are going to the village with Grandfather. They travel by bus through mangrove swamp and rainforest, through scrubland and rivers, over hills and mountains.You're Amazing, Anna Hibiscus:In the eighth title of the series about the universally loved Anna Hibiscus, written by internationally renowned Nigerian storyteller Atinuke, Anna Hibiscus is worried: her twin brothers.Welcome Home, Anna Hibiscus:Anna Hibiscus is back home after visiting her grandma in Canada. But it seems that so much has changed while she was away!Have Fun, Anna Hibiscus:Anna Hibiscus has never been away from her home in Africa, surrounded by her parents and baby brothers, as well as all of her aunts and uncles and cousins.Love from Anna Hibiscus:Anna Hibiscus is on holiday with Grandmother and Grandfather in the village where they were born. She befriends the local children there and teaches them their ABC and 123.Good Luck, Anna Hibiscus!:Anna Hibiscus is looking forward to visiting her grandmother in Canada, where she will see snow for the first time!
-20% sale
Vandenheede S Vos en Haas op di... R 120.00 R 150.00
Stop! Ons is hier!” roep Haas. Vos sit die tasse neer. “Is jy seker dat dit hier is?” vra hy.“Ek sien net sand. En water. En twee bome.” Die derde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige twee dele aan. Vos en Haas op die eiland is geskryf in kort sinne, met ’n effens meer gevorderde woordeskat wat rekening hou met die jong leser se begripsvermoe. Die wisselende lettergroottes ondersteun die intonasie en beklemtoning wanneer daar hardop gelees word
0% sale
Vandenheede S Tot siens, Vos en... R 150.00 R 150.00
Lees net hier: "Haai, Vos! Haai, Haas!" Dit is Uil wat so roep. Hy sit in sy boom en wink deur die venster. "Dis snaaks," se Haas. "Baie snaaks," se Vos. Want vandat Uil 'n eier het, wil hy niemand sien nie. Vos en Haas, uit Sylvia Vanden Heede en illustreerder The Tjong-Khing se eerste Vos en Haas-"groeiboek", het die harte van ontelbare eerste lesers verower. Uiteindelik was daar 'n dik boek wat hulle heeltemal op hul eie kon lees. Nou is daar meer van Vos en Haas! Die stories en die karakters in Tot siens, Vos en Haas bou voort op die eerste boek, en ook die moeilikheidsgraad vorm 'n perfekte vervolg daarop. Soos die jong leser se vermoe groei, word die taalgebruik van die boek geleidelik moeiliker. Die stories is net so oorspronklik en vermaaklik as in die eerste boek.
Vandenheede S Wolf en Hond R 150.00
Wolf is wild. Hond is mak. Wolf bly in die bos op 'n berg. Hond het 'n baas en 'n mandjie. 'n Kat pla vir Wolf. Hond moet hom help. Wat gaan hulle doen? Dit is 'n prettige storie vir beginner-lesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik 'n bietjie moeiliker. Die boek is egter so boeiend en snaaks dat die beginner-lesertjie dit nie eens sal agterkom nie!
-37% sale
Vandenheede S Hallo, Vos! Hallo... R 95.00 R 150.00
Pluim besluit dis tyd om weg te kom uit die stad – en die lee hok in die heining lyk na 'n aanloklike alternatiewe woonplek. Die vierde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige drie dele aan.
-50% sale
Lapa Hoezit 17: Natuur... R 75.00 R 150.00
Van tornado’s tot tsunami’s – ontdek Moeder Natuur se verwoestende kant! Wat veroorsaak ’n tsunami? Hoe vinnig waai die wind binne-in ’n tornado? Wat gebeur binne-in ’n vulkaan? Waar kom die meeste aardbewings op aarde voor? Ontdek die verwoestende krag van die natuur met hierdie boek propvol asemrowende feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol fassinerende feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die indrukwekkende verskynsel van natuurrampe kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate ure lank besig te hou! Ontdek hoe tornado’s, orkane, vulkane en aardbewings ontstaan, vind uit hoe wetenskaplikes hierdie natuurverskynsels bestudeer, en ontmoet die dapper reddingswerkers wat mense tydens natuurrampe bystaan. Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.
FOLLOW US