Prinses Klara en die krokodil

R 125.00

Prinses Klara en die krokodil

R 125.00
Product description
Prinses Klara se ouers glo ’n prinses moet skoon en slim en sterk wees. Daarom laat haar oppasser haar drie keer per dag bad. Haar ma lees vir haar vaal, vervelige boeke. En haar pa laat haar elke dag honderde keer touspring. 

Prinses Klara is siek en sat daarvoor. Sy besluit wat sy nodig het, is ’n bietjie pret en avontuur. Daarom skryf sy vir haar towertante ’n spesiale briefie om te sê sy soek ’n hond. 

Die volgende oggend staan daar ’n boks voor haar bed … maar binne-in is nie ’n hond nie. Dis ’n krokodil! ’n Krokodil wat glad nie weet hoe om hom mooi soet te gedra nie … 

Prinses Klara besluit sy gaan die dag afvat. Sy beleef allerlei prettige avonture in die buitelug – sy klouter in bome rond, pluk aarbeie en raak heerlik vuil – terwyl die krokodil ’n rok aantrek, ’n kroon opsit en sy lyf prinses hou en die kasteel op sy kop keer!

Kinders sal versot wees op hierdie lawwe skaterlag-avontuur! Perfek vir voorlees of selflees. 

Products will be delivered between 2 and 6.

Got questions?

We've got answers.

Visit us in Store

Shop 6, Canal Crossing, Cnr Nelson Mandela Dr & Parys Ave, Potchefstroom

We're here to help

Kayla (The Shop) 061 534 6887 or Elmarie (The Owner) 073 296 5705

Delivery ASAP

Whether it's in stock at our store or shipped from our warehouse - we do it ASAP.